Pyrus communis
Jan van Riebeeck was die eerste om pere in Suid-Afrika te plant, een van die min goed wat destyds suksesvol aan die Kaap gegroei het.
Pere hou van baie koue winters en matige somers. Wat die grond betref maak dit nie saak nie. Hulle groei in enige grond, maar sanderige grond moet mis of kompos kry.
Plant peerbome soos ander vrugtebome.
In die boom se eerste en tweede somer moet dit 250 g KAN kry. In die tweede lente moet dit ook 750 g 2:3:2 kry, 1,5 kg 2:3:2 die jaar daarna, 1,75 kg 2:3:2 die vierde jaar en 2 kg die vyfde jaar. Die derde jaar moet daar ook begin word met 1, 5 kg 3:1:5 en in dieselfde mate as die 2:3:2 vermeerder elke jaar. 500 g Engelse sout moet ook elke lente toegedien word. Pere reageer ook goed met 'n byvoeging van vloeibare seewier.
Dit is belangrike om die boom te snoei wanneer dit vrugte dra, om te sorg dat dit nie te veel vrugte het wat meeding vir voeding nie.
Groen Vingers
5/21/2012
5/02/2012
Sitroengras
Cymbopogon citratus
Die kruid plant die beste voort deur verdeling. Knip ou punte af voor jy dit plant.
Sitroengras hou van ryk klam grond en moet goed vasgedruk word wanneer jy dit plant. Dit groei in son of halfskadu. Indien die omstandighede gunstig is, sal die gras tot 1 meter hoog word.

5/01/2012
Tierorgidee
Ansellia gigantea var nilotica
Die tierorgidee is een van die grootste van die Suid-Afrikaanse orgideesoorte. Die plant het rietagtige stingels met geel blomme. Die blomme se bruinerige kolle verklap die oorsprong van die naam.
Die tierorgidee groei maklik op bas. Sorg dat die plant gereeld water en voeding kry.
Die plante kom natuurlik voor in Mpumalanga en KwaZulu-Natal.
Die tierorgidee blom in die lente.
(foto: www.larsen-twins.dk)

4/30/2012
Kalkswael
Kalkswael is 'n wateroplosbare swam-, insek- en mytdoderkonsentraat vir bladwisselende bome en word ook gebruik vir die beheer van dopluise op perskes, knoppiesblaarmyt op wingerd en verskillende myte op sitrus.
Wanneer jy kalkswael gebruik moet jy asseblief dit versigtig hanteer en eers die aanwysings lees op die verpakking.
Kalkswael kan plante brand indien dit op koel, bewolkte dae, sowel as baie warm dae, toegedien word.
Sorg dat alle dele van die plant benat word wanneer jy dit toedien.

4/23/2012
Appels
Malus pumila
Appels hou van koue areas. Die tipe grond maak nie soseer saak nie, dit moet net goed dreineer. Plant die bome soos voorgestel vir alle vrugtebome.
Jong bome moet gereeld natgemaak word, om hulle goed te vestig. Wanneer die boom bloeisels of vrugte dra moet dit ten minste elke week natgemaak word.
In die boom se eerste en tweede somer moet dit 250 g KAN kry. In die tweede lente moet dit ook 750 g 2:3:2 kry, 1,5 kg 2:3:2 die jaar daarna, 1,75 kg 2:3:2 die vierde jaar en 2 kg die vyfde jaar. Die derde jaar moet daar ook begin word met 1, 5 kg 3:1:5 en in dieselfde mate as die 2:3:2 vermeerder elke jaar. 500 g Engelse sout moet ook elke lente toegedien word.
Dit is belangrike om die boom te snoei wanneer dit vrugte dra, om te sorg dat dit nie te veel vrugte het wat meeding vir voeding nie.
Na vyf jaar moet jy die grond laat ontleed indien die boom dalk nie so goed dra soos vorige jare nie.

4/16/2012
Die plant van vrugtebome
Plant vrugtebome net so diep as wat dit in die kwekery gestaan het – dit sluit wingerdstokke in. Wingerdstokke wat van steggies gekweek is, moet met die oorspronklike steggie onder die grond geplant word.
Voor jy die boom uitplant moet die grond waarin dit staan deeglik natgemaak word. Sit die houer met boom en al in 'n houer vol water. Los dit daar vir ten minste 30 minute.
Die gat in die grond moet 'n bietjie wyer wees as die houer waarin die boom staan, maar presies so diep.
Sny die boom van die houer uit en laat sak die boom in die gat deur die houer. Sny die res van die houer, wat gewoonlik plastiek is, af van die boom. Vul enige ruimte om die wortels met grond en druk dit goed vas. Maak 'n vlak dammetjie om die stam van die boom met ekstra grond. Werk kompos by die grond wat die dammetjie help vorm en gooi nog 'n laag kompos oor.
Die boom is nou geplant. Maak dit goed nat.
(foto Ramjheetun Elodie)

Subscribe to:
Posts (Atom)