10/13/2008

Ertjies


Pisum sativum

'n Ertjie is 'n ronde, eetbare saadkorrel wat gevind word in die peulvrug van 'n rankplant.

Ertjies verkies 'n koel seisoen. Wees versigtig indien jy dit in warm areas plant, want hulle word maklik draers van plae en siektes.

Ertjies verkies goedgedreineerde grond met 'n hoë organiese inhoud. Moet net nie vars mis inwerk net voor saaityd nie, want dit veroorsaak geil bogroei ten koste van vrugvorming. Werk ook kalk in, vier weke voor saaityd.

Stut jou ertjies. Dit maak die natlei makliker, die verminder die moontlikheid van siektes en dit vergemaklik bewerking tussen die rye, bespuiting en oes.


2 comments :

  1. Gloudina Brand13/10/08 13:05

    Wat kon die Powerdy Mildew (Wit poeieragtige vlekke) op my ertjies veroorsaak het?

    ReplyDelete
  2. Kan wees dat jy die ertjies ook te veel water gee. Jy skep dalk 'n te vogtige klimaat wat die wit goed laat floreer, maar soms verskyn dit sommer vanself in baie droë weer. Jy kan probeer om dit een keer per week met swael te behandel.

    ReplyDelete