A
acid rain, suurreën, Besoedelde lug uit fabrieke en kragstasies wat swaweldioksied beland in die water. Wanneer die water reënwater word, word dit suurreën genoem. Suurreën is skadelik vir die mens se gesondheid, plante en geboue.
afforestation, bebossing, proses om 'n bos te vestig.
Agenda 21, Agenda 21, die internasionale beleid waarop daar by die Rio-konferensie in 1992 ooreengekom is. Onder die agenda het lande besluit om volhoubare maatskaplike, ekonomiese en omgewingsontwikkeling na te streef.
agricultural waste, landbou-afval
alien species, uitheemse spesies, plante en diere wat nie natuurlik in ‘n gebied voorkom nie, maar deur mense ingebring word. Uitheemse plante dwing dikwels inheemse spesies uit ‘n gebied.
alternative energy sources, alternatiewe energiebronne, hernubare energiebronne - bronne, soos die son en wind, wat nie uitgeput kan word nie. Alternatiewe energiebronne stel nie hoë konsentrasies skadelike gasse in die atmosfeer vry nie.
aquifer, akwifer, waterdraer, waterklip, ondergrondse, waterhoudende rotsformasies – die water kan vir was- en kookdoeleindes gebruik word.
aquatic ecosystem, water-ekosisteem, 'n ekosisteem wat dien as habitat vir waterplante en -diere en ook watergebonde ekologiese prosesse onderhou.
arable land, bewerkbare grond
B
biodegradable, bioafbreekbaar, 'n stof se vermoë om fisies en/of chemies deur mikro-organismes afgebreek te word.
biodiversity, biodiversiteit, 'n verskeidenheid plante en diere wat in hulle eie omgewing voorkom.
biopharming, bioboerdery, biolandbou
biophysical environment, biofisiese omgewing, die deel van die omgewing wat nie uit menslike aktiwiteite ontstaan het of daarvan afhanklik is nie.
biota, biota, die lewende organismes (plante en diere) in ’n gebied.
C
carbon footprint calculator, koolstof-voetspoormeter
catchment, toeloopgebied, 'n stuk grond wat reënwater na ‘n rivier of stroom laat vloei.
chlorofluorocarbons, chloorfluoorkoolstowwe
climate change, klimaatsverandering
coliform bacteria, kolivormbakterieë, bakterieë wat gewoonlik in diereuitskeidings en riool voorkom en as ‘n aanduiding van watergehalte dien.
compost, kompos
congestion, kongestie, opeenhoping
conservation, bewaring
consumption, verbruik, verbrand
D
deforestation, ontbossing, die vernietiging van woude en bosse wat tot klimaatsverandering, dieresterftes en grond-erosie lei.
desalination, ontsouting, ‘n proses om oormatige sout en ander minerale uit water te onttrek ten einde vars water te verkry.
desertification, verwoestyning, die proses waardeur ‘n gebied of streek deur die verlies van grond en plantegroei al hoe droër word.
disposal, wegdoening, die weggooi of storting van enige soliede of gevaarlike afval in die omgewing.
dump, stortplek, ‘n perseel waar verskillende soorte afval op ‘n onverskillige manier weggegooi word sonder om die omgewing en die beskerming daarvan in aanmerking te neem.
E
ecology, ekologie, die wetenskaplike studie van die verhouding tussen lewende dinge en hulle omgewing.
ecosystem, ekosisteem, ‘n stelsel wat op die verhoudinge en wisselwerking tussen plante, diere en die nie-lewende omgewing berus.
effluent, uitvloeisel, vloeistofafval uit riool- en nywerheidsaanlegte.
emissions, emissies
endangered species, bedreigde spesies
endemic species, endemiese spesies, plante en diere wat nêrens anders ter wêreld voorkom nie.
environment, omgewing
environmental audit, omgewingsoudit, ‘n evaluasie om ‘n organisasie se wetsnakoming, omgewingsbeleid en omgewingsbestuurstelsel te beoordeel.
environmental development, omgewingsontwikkeling, stappe ter ontwikkeling en verbetering van die omgewing.
environmental equity, omgewingsbillikheid, die gelyke beskerming van mense, groepe en gemeenskappe teen omgewingsgevare.
environmental governance, omgewingsbeheer, omgewingsgoewernansie, 'n regering se poging om die omgewing deur soos monitering, beheer, bestuur en wetuitvaardiging te beskerm.
environmental impact assessment, omgewingsimpakstudie, ‘n wetenskaplike studie van die waarskynlike uitwerking van voorgestelde aktiwiteite of ontwikkeling op die omgewing.
environmental management, omgewingsbestuur
environmental management system, omgewingsbestuurstelsel, die strukture, planne en prosesse wat ontwikkel word om die omgewing in ‘n gebied te bestuur.
environmental policy, omgewingsbeleid
environmental sustainability, omgewingsvolhoubaarheid
equinox, nagewening
estuaries, riviermondings
eutrophication, eutrofikasie, die proses waardeur voedingstowwe in ‘n watermassa opbou.
event greening, geleentheidsvergroening, om geleenthede aan te bied of verwante dienste te lewer sodat dit ‘n minimale uitwerking op die omgewing het en die grootste voordeel vir die mense inhou.
F
floodplains, vloedvlaktes, plat areas langs riviere wat ontstaan weens grondafsettings tydens vloede.
flora, flora, plantelewe van ‘n bepaalde gebied.
fynbos, fynbos, immergroen plantegroei wat slegs in die Suidwes-Kaap voorkom.
G
geomorphology, geomorfologie, die studie van die kenmerke, oorsprong en ontwikkeling van grondvorme.
global competitiveness, wêreldwye mededingendheid, die vermoë om buitelandse asook plaaslike belegging te lok en goedere en dienste internasionaal te verkoop.
global warming, aardverwarming, styging in die gemiddelde temperatuur van die aarde se atmosfeer en oseane en die geraamde voortsetting daarvan. Dit kan aanleiding gee tot ander veranderinge soos 'n styging in die seevlak en veranderinge in reënvalpatrone. Hierdie veranderinge kan die voorkoms van uiterste weerstoestande soos vloede, droogtes, hittegolwe, orkane en tornado's beïnvloed.
greenfields, groenterrein, onontwikkelde grond wat vir landbou aangewend word of aan die natuur oorgelaat word
greenhouse effect, kweekhuiseffek
grey water, gryswater, enige water wat reeds gebruik is en sonder behandeling weer gebruik kan word.
groundwater, grondwater
H
habitat, habitat
heavy metal, swaarmetaal, ‘n gevaarlike afval wat ‘n lae konsentrasie organismes kan beskadig en daartoe geneig is om in die voedselketting op te bou.
herbicide, onkruiddoder, ‘n plaagdoder wat ontwerp is om plante, onkruid of grasse te beheer of dood te maak.
hydrology, hidrologie, waterleer
I
indicator, aanwyser, iets wat aanwys. 'n Aanwyser word gewoonlik in 'n omgewingsverslag gebruik om omgewingsgehalte en -veranderinge aan te dui.
indigenous species, inheemse spesies, plante en diere wat natuurlik in ‘n gebied voorkom.
L
Local Agenda 21, Plaaslike agenda 21, plaaslike-regeringsprojekte vir volhoubare ontwikkeling onder agenda 21, die handves wat in 1992 uit die VN-konferensie oor omgewingsake en ontwikkeling in Rio, Brasilië voortgevloei het.
L
landfill, opvullingsterrein
landfill site, opvullingsterrein
landscape, landskap
M
mariculture, marikultuur, boerdery met seeplante en -diere in hulle natuurlike omgewing in die see of op seeplase aan land.
marine, marien(e)
marine protected area (MPA), mariene beskermde gebied (MBG), ‘n gebied waar vis of plante beskerm word.
median concentration, mediaankonsentrasie, die gemiddelde getal watergehaltemetings, soos stikstof en fosfaat in ‘n bepaalde hoeveelheid gemete water.
mixed land use, gemengde grondgebruik, 'n kombinasie van grondgebruike, soos 'n samevoeging van kommersiële, nywerheids-, kleinhandel-, vermaak- en institusionele gebruike.
N
national park, nasionale park
natural environment, natuurlike omgewing
natural heritage site, natuurerfenisterrein
natural resource, natuurlike hulpbron
nutrients, voedingstowwe, stowwe wat deur lewende organismes as voedsel opgeneem word.
O
ozone, osoon
ozone layer, osoonlaag
P
perennial, standhoudend, wat regdeur die jaar vol bly (rivier); meerjarig, wat regdeur die jaar groei (plante).
pesticide, plaagdoder
R
rare species, skaars spesies
red data species, rooidataspesies, geklassifiseerde bedreigde spesies.
riparian, oewerbewoner
river-bank, oewer
runoff, afloopwater, water wat nie wegsyfer nie, maar oor die oppervlakte en in natuurlike water versprei.
S
salinisation, versouting, die proses waardeur sout in grond opbou en so ’n skadelike uitwerking op plante het.
sectoral strategies, sektorale strategieë
sewage, riool
smog, lugbesoedeling, rookmis
socio-economic environment, deel van die omgewing wat met menslike aktiwiteite verband hou.
solar power, energie wat van die son verkry word.
solar water heater, sonwaterverhitter, solêre waterverhitter, 'n stelsel wat met behulp van sonenergie warm water lewer.
solid waste, vaste afval, enige vaste, semi-vaste, vloeibare of gasmateriaal wat uit nywerheids-, kommersiële myn- of landboubedrywighede en gemeenskapsaktiwiteite weggegooi word.
soil erosion, gronderosie
solstice, sonnestilstand
spatial planning, ruimtelike beplanning
species, diersoorte, plantsoorte
species diversity, spesiediversiteit
species richness, spesierykheid
stormwater drainage, stormwaterdreinering, ondergrondse pypstelsel wat reën en ander water uit die grond en van paaie en dakke verwyder, en dit na riviere, mere en die see wegvoer.
strategic environmental assessment (SEA), die administratiewe of reguleringsproses om die omgewingsimpak van ‘n beleid, plan of program én die alternatiewe te evalueer.
surface water, oppervlakwater
sustainable agriculture, volhoubare landbou, omgewingsvriendelike boerderymetodes sonder skade aan die ekosisteem, insluitend enige uitwerking op die grond, watervoorraad, biodiversiteit of ander omringende natuurlike hulpbronne.
sustainable development, volhoubare ontwikkeling, ontwikkeling wat beplan word om aan die behoeftes van huidige én toekomstige geslagte te voldoen.
sustainability, vermoë om aan die behoeftes van huidige én toekomstige geslagte te voldoen.
sustainability report, verslag oor omgewingstoestande wat gebruik word wanneer omgewingsbeleid opgestel word.
U
unemployment, werkloosheid, sonder werk. 'n Aanwyser word gewoonlik in 'n omgewingsverslag gebruik om omgewingsgehalte en -veranderinge aan te dui.
urban agriculture, stedelike landbou, gewasverbouing in stedelike gebiede vir bestaans- of kommersiële doeleindes.
urban sprawl, stadspreiding, die geleidelike en onbeheerde verspreiding van stedelike gebiede na die omringende natuurgebiede.
urbanisation, verstedeliking, migrasie van mense uit landelike na stedelike gebiede. Dit kan tot oorbevolking en werkloosheid in stedelike gebiede lei.
V
vegetation, plantegroei, die plantsoorte in 'n gebied.
veld, veld, natuurlike plantegroei, gewoonlik grasveld, wat kenmerkend uit verspreide struike, bossies of bome bestaan.
W
waste, afval, 'n oortollige neweproduk, vrystelling of oorblyfsel van enige proses of aktiwiteit.
waste management, afvalbestuur, 'n stelsel om op 'n doeltreffende en omgewingsvriendelike manier afval te beperk, te versamel en mee weg te doen.
waste water, afvalwater, gebruikte water vanaf huise en fabrieke.
water supply, watervoorraad, water wat in damme opgevang en geberg word voor dit vir gebruik aan stede en dorpe voorsien word.
wetlands, moeraslande
world heritage site, wêrelderfenisterrein, 'n terrein wat wêreldwyd as belangrik vir die bewaring van biodiversiteit beskou word.
Z
zoning, sonering, die beheer van grondgebruik deur wetgewing.
No comments :
Post a Comment