10/14/2008

Tamaties



Lycopersicon esculentum

Tamaties dra sapryke rooi, geel of oranje vrugte.

Tamatieplante kan in enige grond gekweek word. As jy plantjies koop maak seker die blare is donkergroen, die stam blougroen en die wortels vry van nematodes.

Moet nie tamaties van bo natmaak nie. 'n Vogtige mikroklimaat kan ontstaan wat swamsiektes bevorder. Lei dit eerder nat.

As grondsiektes 'n probleem is in jou groentetuin, dan moet jy dit oorweeg om gousblomme tussen die groente te plant. Dit is veral effektief tussen tamaties, eiervrugte en soetrissies.

21 comments :

  1. Gloudina Brand14/10/08 13:43

    Het u enige goeie raad om grond in jou tuin te treat wat deur tamatie plante besmet was met 'n virus op.

    ReplyDelete
  2. Jy sê nie presies wat in die grond is nie. Ek sou voorstel jy berook die storie. As jy beplan om organiese materiaal te gebruik vir groente in daardie grond moet jy dit inwerk VOOR jy die grond berook. Maak die grond goed los tot op so 30 cm en maak dit dan liggies nat. Ek dink jy moet Basamid koop aangesien dit tamaties was. Lees op die aanwysings hoeveel korrels jy moet strooi. Jy werk die korrels met jou tuinvurk in. Dan maak jy weer liggies nat en sit plastiekvelle oor wat jy met bakstene vaspak op die kante. Laat dit so lê vir 2 weke.
    Verduidelik vir die man by die winkel wat presies met jou grond aangaan laat hy presies vir jou kan sê watter beroker jy nodig het.

    ReplyDelete
  3. Gloudina Brand14/10/08 13:49

    Ek wil weet of u my kan sê my tamatieranke staan redelik hoog maar dra baie min tamaties.
    Ek het Hydroponics een keer 'n week gebruik maar dit was nie te veel nie en dit was ook 4 weke gelede laas.
    Kan jul my miskien bietjie raad gee of wat ek kan doen om te sorg dat die plante meer dra.
    Die weer is om die oomblik baie gunstig nog hier by ons - lekker warm en geen frost - glad nie koud nie.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Kalium is baie belangrik in vrugvorming- dis die 5 in 315 kunsmis! Verryk jou grond ook met as... uitgebrande hout is hoog in voedingswaarde en gee Epsomsout ( Magnesiumsulfaat) wat blare help chlorofil vorm en mooi groen hou sodat dit self kan voedingstowwe opbou uit sonlig.

      Delete
  4. Een rede kan wees dat jou plante te veel opmekaar staan. 1 meter is nodig vir plante wat gestut en gesnoei moet word en tot 1,5 meter vir plante wat wild groei. Dit klink na baie, maar dit is die beste vir 'n goeie oes. Dit kan ook wees dat jy te veel water gegee het toe die eerste vrugte begin vorm het. Een maal per week is reg in warm plekke, maar jy kan eksperimenteer deur dit te rek in die rigting van 10 dae. Wanneer die eerste vrugte daar is moet jy ook so 30g 3:1:5 of 2:3:2 inskoffel - een keer per maand. Indien jy Moneymaker of ander uitlandse kultivars kweek moet jy maar snoei, anders bly die vruggie ook klein.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Ek het moneymaker nou geplant - kan jy dalk net vir my sê wanneer moet ek dit snoei ?
      dankie Charmaine
      (koffiekat@live.com)

      Delete
  5. my tamatie plantjies se blare word geel - wat kan die rede wees?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous28/5/13 11:40

      Plante is te nat of te droog, kort dalk voeding of dalk is dit bakteriee (swart kolletjies?).

      Delete
  6. m Scheun6/2/13 09:37

    Tamatietonnels met witvlieg???? enige iemand wat so slim is om n baie goeie oplossing te gee?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous28/5/13 11:42

      Spuit die plante met Parashoot. Maak seker jy kom die onderkante van die blare by.

      Delete
  7. Ek sukkel om die oxe heart tamaties aan die groei te kry. Alle ander soorte groei weelig en dra goed. wat kan fout wees.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous12/9/13 09:28

      Dit is moeilik om oxheart te groei, want dit is 'n ou soort tamatie wat nie so bestand is teen siektes en die weersomstandighede soos die nuwe soorte nie. Mens moet maar uit ervaring leer. Sorg dat die grond baie ryk is en goed dreineer, die posisie moet die plant beskerm en jy moet pal op die uitkyk wees vir siektes.

      Delete
  8. Anonymous12/8/14 15:14

    Help asb watter tamaties rank nie.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous8/9/14 13:20

      Probeer Flora Dade, Heinz 1370 en Homestead

      Delete
  9. Goeie more soek raad vir witvlieg op tamaties het al alle produkte gespuit vir witvlieg maar dit help nie groot probleem. van af namibia.

    ReplyDelete
  10. Goeie middag. Ons het onlangs na Yzerfontein aan die Weskus verhuis. Kalksteen klip grawe jy orals uit. Beteken dit dat die grond(sand) dalk alkalies is?
    My eintlike priobleem is my tamaties. Hulle groei welig, dra baie baie vruggies, maar dit bly klein en word so 'kleintyd'
    ryp. Dis baie ferm en het omtrent geen sap nie. Ek het 3 soorte gelyktydig geplant. Hulle kry elke 2de dag water en 3.1.5 elke 21dae.
    Is daar dalk iemand wat kan help, asseblef
    Boe-Boe

    ReplyDelete
  11. Is roes op tamaties nadelig vir mense

    ReplyDelete
  12. Hi ek het roma tamatie geplant dit groei daie mooi.Ek wil dit oplei wat is die beste manier om dit te doen vir n mooi oes en hoe suksesvol is tamatie boerdery want ek beoog om daarmee te boer.Ek bly in Stellenbosch.Ek het die grond en die water

    ReplyDelete
  13. Asseblief help.
    My tamaties het blossom end rot.
    Watter produk het die kalsium in wat sal help.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Kalksteen is die maklikste manier om kalsium in jou tuin te kry. Sorg ook dat jou tamaties gereeld water kry.

      Delete
  14. Wil graag weet of rank tamaties wortel vrot sal op doen.Plante onder drup besproeing met 3;1;6, geplant in 25cm x 25cm plastiek sakke wat gaatjies so 5cm van onder uitloop.Die 5cm onderste kompos in sakke bly nat van water wat nie kan uitloop.Sal dit raadsaam wees om klein gaatjies onder in die boom van sakke te maak,of sal te veel water,bemestingstowwe verlore gaan?

    ReplyDelete