11/24/2008

Meer oor Groen Vingers

Welkom by Groen Vingers.

Groen Vingers is 'n gratis openbare inligtingsbron vir die kweek van groente, vrugte, kruie, blomme, bome en ander tuinplante in Suidelike Afrika. Alles in Afrikaans.

Enige persoon is welkom om 'n bydrae te maak of 'n vraag te stel. Vrae word aan die publiek gestel en deur die publiek beantwoord. Ervare tuiniers deel gereeld hul kundigheid en praktiese raad in 'n poging om ons almal groen vingers te gee.

Hierdie webwerf bedien die Suid-Afrikaanse tuinier met raad oor 'n verskeidenheid van aspekte van tuinmaak. Dit sluit in tuinbeplanning, saai en uitplanting, bewerking, klimaat, grond, bemesting, snoei en spesies.

Spesiale aandag word gegee aan rate vir die behandeling van siektes en plae wat die omgewing in ag neem.

Indien tuinmaak jou plesier verskaf is Groen Vingers 'n ideale praktiese handleiding.

Teken gerus in op die gratis Groen Vingers-nuusbrief of RSS-voer om op hoogte te bly van wat in die wêreld van tuinmaak gebeur.

Groen Vingers word bestuur deur QVRP. Voornemende adverteerders kan die uitgewer kontak om meer uit te vind oor advertensieopsies.

Die webwerf se oorspronklike ontwerp is gedoen deur John Oxton. Dit is aangepas deur QVRP. Die blomillustrasie is deur Denis Radenkovic.

6 comments :

  1. Anonymous19/8/10 10:10

    Ek soek graag `n seisoengids vir wanneer en wat om te plant in die Wes Kaap soos bv blomme,saad en stryke en wanneer om my bome en rose te snoei en hoe mens dit doen want ek is maar `n leek as dit by sulke goed kom?En dan wil ek net weet hoekom my Viooltjies elke slag vrek al gee ek genoeg water van onder af en hulle kry genoeg son in die oggend al is dit net vir `n uur?Ek was dit waardeer as iemand my kan help a.s.b.

    ReplyDelete
  2. Anonymous24/1/11 10:16

    Dit moenie te warm raak in die vensterbank nie. Die grond moet klam bly.

    ReplyDelete
  3. Anonymous2/2/11 08:13

    Kan iemand asb vir my sê waar ek mooi viooltjies kan kry in SA? Ek is in Richardsbaai, en het so 12 viooltjies (vanaf Spar ens). Ek sal graag dubbel, multicoulored, Russiese, 'Fantasy' en sulke besonderse viooltjies wil hê. Blare ook welkom. Invoer maak net nie finsiële sin nie.

    ReplyDelete
  4. More,

    Wil graag weet watse blomme pas maats pas by watse groente. Om peste weg te hou van groente af.Dankie.

    Alida

    ReplyDelete
  5. Identifiseer die pes en dan kyk jy onder Siektes en Plae hoe om daardie pes te bestry. Daar is baie wenke oor watter plante om te plant vir spesifieke peste.

    ReplyDelete
  6. Gousblomme, roosmaryn, salie, tiemie, wilde als en groenboontjies kan tussen groente geplant word om peste weg te hou.

    ReplyDelete