Loading

12/02/2008

Grenadellas

Passiflora edulis

Die grenadella sal in enige grond groei wat goed dreineer. Moet nie die grond om die plant bewerk nie. Gooi eenvoudig kompos om die plant. Aan die begin van Mei en einde Augustus strooi jy 120 g 3:1:5 om die wortelarea.

Die pers grenadella wat algemeen voorkom in Suid-Afrika hou nie van ryp nie. Volwasse plante kan wel ligte ryp weerstaan.

Dit is 'n rankplant en het een of ander stut van 2 meter hoog nodig.

Snoei die plant wanneer dit klaar gedra het. Sny die takke terug tot omtrent 60 cm van die grond af. Verwyder enige dooie of besmette hout.

8 comments :

  1. Gregan Voges2/12/08 12:24

    Verlede jaar grenadellas geplant. Welig gerank, baie. Gedurende Maart terug gesnoei. Die jaar het ons hier op Hermanus baie reën gehad. Dit wil voorkom as of die grins sukkel. Kleur lyk nog goed maar nog niks gerank. Is daar iets verkeerd of is ek te haastig?

    ReplyDelete
  2. Anonymous2/12/08 12:25

    Is geen kenner nie, maar ek weet grenadellas hou nie van te veel water nie. Hoe goed dreineer die grond? Miskien moet jy hulle kans gee.

    ReplyDelete
  3. Anonymous18/4/10 16:15

    Laetitia, Ek wil graag weet of grenadellas in die noord kaap soos Kimberley sal aard en wannneer om te plant

    ReplyDelete
  4. Anonymous13/9/10 09:14

    Ek is op soek na guavadella plantjies. Ek woon in Pretoria. Kan Iemand help? Epos my by rapula@vodamail.co.za asb.

    ReplyDelete
  5. Anonymous24/1/11 10:10

    Ek sou dink mens kan grenadellas enige tyd van die jaar buiten die winter plant in die Noord-Kaap.

    ReplyDelete
  6. Anonymous21/3/12 09:31

    ANNONYMOUS - EK WOON IN PREETOTIA EN HET N GUAVADILLA WAT VOL VRUGTE IS. MOET NET RYPWORD OM SAAD TE KAN GEE.

    ReplyDelete
  7. Anonymous21/8/13 17:31

    menere,
    ek wil 10 ha onder grenadellas plan - wat is die te verwaqgte inset koste en die die verwagte inkomste ?
    ek is noord van Pretoria - goeie grond en baie water

    ReplyDelete
  8. Hoekom is grenadelas suur was eers soet

    ReplyDelete