Loading

6/15/2009

Kweek Japanese dwergbome vir die bonsai-tuin

Deur die geskiedenis van Japanese bonsai sal jy (onder andere) opmerk dat die term gebruik word om te verwys na 'n "plant in 'n pot". Die Harvard Arnold Arboretum se webwerf sê: "the ancient Chinese were the first to miniaturize trees for ornamental purposes, around A.D. 200. Later, the Japanese, who used it to create beautiful gardens, adopted the bonsai technique".

Basies is die bonsai buitemuurse plante en floreer hulle in koel en vogtige omstandighede, weg van direkte son vir die grootste deel van die dag. Indien jy hulle binne wil hou moet jy 'n koel vogtige hoekie vir hulle skep anders verwelk hulle.

Podocarpus, Serissa and dwerggranaat is geskik vir bonsai tesame met ander plante soos Schefflera, Ficus benjamina, Bougainvillea, Sitrus en Hibiskus. Jy kan ook bonsai maak uit houtagtige kruie soos loerier, roosmaryn, mirtebos en laventel.

Hoe om te sorg vir jou Japanese Bonsai
Alle bonsai het lig en goed gedreineerde grond nodig, maar die grond self wissel van plant tot plant. So, die grondmengsel waarin jy Taxodium distichum groei is nie ideaal om die Juniperus virginiana in te groei nie.

'n Tipiese bonsai grondmengsel bestaan uit 1/3 growwe sand, om te help met dreinering, 1/3 organiese materiaal wat vog en voedsel kan behou en 1/3 kleigrond wat ook vog en voedsel kan behou.

Kies 'n geskikte plek vir jou tradisionele Japanese tuin. Die beplanning van 'n buitemuurse Japanese tuin is 'n intellektuele oefening wat artistiese visualisering en verbeelding verg. Die basiese sleutelelement hier is om te sorg dat die tuinier se persoonlikheid nie die uitleg en beplanning beïnvloed nie. Op hierdie manier kan die persoon wat die tuin aanskou self die tuin visualiseer op hul eie persoonlike manier. Dit is ook belangrik om alles eenvoudig te hou.

Daar moet niks wees wat die aandag aftrek van die tuin af nie. Groepies Fargesia nitida en bamboes kan hier en daar geplant word. Japanese esdoring is ook ideaal en kan ook in houers geplant word. Die grond onder die bome kan met mos begroei word sodat dit meer natuurlik lyk. Om groei aan te wakker moet die bonsai se sentrale wortels elke gesnoei word en die boom gevorm word.

Wat jy moet onthou van jou Japanese bonsai
Wanneer jy 'n bonsai sien moet jy onthou dat dit 'n Japanese uitdrukking is wat verwys na 'n sintetiese miniatuur plant in 'n pot of 'n versameling van plante wat gekweek en gerangskik is om 'n natuurlike prentjie te bied. Oor die algemeen kan 'n bonsai van 30 cm die vvorkoms van 'n baie ou boom gee.

So kan 'n simmetriese kroon op 'n reguit stam die indruk skep van 'n statige ou skaduboom. Die Japanese besit bome wat eeue oud is en van geslag na geslag oorgedra is.

bydrae: Christopher Chase

Oor die skrywer:
Christopher Chase is 'n gerespekteerde Bonsai-entoesias. Hy is die skrywer van dosyne artikels oor die onderwerp. Sy onderwerpe sluit in Shohin Bonsai, Bonsai en Suiseki en Bonsai-kuns.

Wenk
Gebruik water waarin rys afgespoel is om die mos wat om 'n bonsai groei gesond te hou. Versamel mos op klam plekke en frummel dit oor fyn riviersand in 'n saadkissie of sommer op die grond in 'n skaduryke plek. Hou dit altyd klam en lei dit met die ryswater nat.

3 comments :

  1. Madeleine Janeke17/6/09 12:09

    Ek het twee bonsai boompies. Die een'etjie is 'n doringboompie. Ek wil net graag weet hoe hierdie boompie gesnoei moet word en wanneer. Die boompie loop nou baie mooi uit na die winter.

    ReplyDelete
  2. Anonymous16/3/11 22:34

    EK HET OLYF VANAF ISRAEL SAAM GEBRING EN WIL NET GRAAG WEET OF DIT MOONTLIK IS OM N BOOMPIE DAARVAN SAL KAN GROEI.

    ReplyDelete