Loading

10/25/2010

Wenke vir die klein tuin

'n Klein tuin bied sy eie uitdagings, of dit nou 'n lang, smal strook, 'n klam skaduryke binnehof, 'n klein stukkie ground of 'n windverwaaide balkon is. Of jy nou 'n oorvloed blomme wil hê, 'n tuin wat min onderhoud verg, 'n speelplek vir kinders of 'n veelsydige ontspanningasarea - noukeurige beplanning is noodsaaklik om die plek wat jy tot jou beskikking het ten beste te benut.

Klein tuine is deesdae die reël liewer as die uitsondering en daar is 'n oorvloed plante beskikbaar vir elke denkbare behoefte. Kruistelers en tuinboukundiges het bykans elke groot struik, boom en plant gekutiveer om kleiner, meer kompakte en dwergvariasies van klassieke gunstelinge daar te stel. Hierdie titel vertel jou meer daarvan, asook hoe om 'n pragtuin in jou klein ruimte te skep.

Hierdie boek is geskryf deur een van die land se mees produktiewe en talentvolle tuinskrywers en is die ideale gids vir enigeen wat in ’n beperkte ruimte wil tuinmaak. Dit spog met ’n oorvloed van die skrywer se pragfoto’s van tuine vanoor die hele land, oorspronklike planne vir verskeie klein tuine en ’n uitgebreide plantlys.

Hierdie boek is ’n waardevolle bron van inligting met ’n magdom wenke en praktiese raad wat jou sal help om al die sooi net reg te spit!

Sluit vyf volledig geïllustreerde oorspronklike tuinplanne in!

Koop / Buy Wenke vir die klein tuin

No comments :

Post a Comment