Albuca altissima
Die kamiemie (of slymstok) is ’n bolplant
wat inheems is in die Suidwes-Kaap. Dit word tot 1 meter hoog en dra wit blomme
met groen strepe in die winter. Die blomme word in trosse bokant die blare
gedra. Die blomme is ongewoon, met drie blomblare staan vorentoe en vorm ’n buis,
terwyl nog drie die buis omring.
’n Ander Albuca-spesie lyk baie soos
die kamiemie, behalwe dat dit 1,5 meter hoog word.
0 kommentaar:
Post a Comment