Loading

10/10/2011

Radyse

Raphanus sativus

Indien jy wil groente kweek is radyse die groente om mee te begin. Die groei die maklikste van alle groentesoorte.

Die belangrikste om te onthou van radyse is dat dit koel gehou moet word in baie warm weer, anders raak dit veselrig.

Radyse groei omtrent in enige grond, maar sal floreer in grond wat met mis of kompos verryk is. Saai die saad in vlak voortjies.

3 tot 5 weke nadat die saad gesaai is, kan jy begin oes.


0 kommentaar:

Post a Comment