Indien daar nie genoeg reënval is nie, moet die saailinge gedurende die winter en vroeë lente goed benat word.
In die Wes-Kaap is dit beter om die somerblommend eenjarige plante in die lente te saai.
Van die winterblommend eenjarige plante kan Oncosiphon spesies en Arctotis venusta se blomme die kwaai warmte van die Kaapse somerson weerstaan. Hulle kan of in die herfs, of in die lente gesaai word.
Waar die winters baie koud en die somers matig is, kan die winterblommend eenjarige plante, met die ander somerblommend eenjarige plante, in die lente gesaai word.
Die meeste van die eenjarige plante sal baie gou na saai ontkiem, sommige van hulle op die derde dag, die meeste van hulle binne die eerste week.
0 kommentaar:
Post a Comment