Wat kan ek plant? is propvol ontspanne leesstof met eenvoudige plantbeskrywings, nuttige kweekgebooie, goeie wenke en die jongste tuinmaaktendense sodat entoesiastiese tuiniers die meeste plesier uit tuinmaak kan kry en hul tuine nuwe lewe kan gee.
Die plante in die boek is sorgvuldig gekies om die topverkopers onder die moderne hibriede in te sluit, asook heelwat van die ‘outydse’ plante waaruit hulle geweek is – plante wat mense wêreldwyd al jare lank inspireer en die harte van ervare én groentjietuiniers warm sal laat klop. Al die plante is vrylik beskikbaar en is juis gekies vanwee hulle veeldoeligheid en kweekgemak – dis plante waarop jy maar kan staatmaak.
As jy met Wat kan ek plant? in die hand staan, het jy die kits-antwoord op hierdie eeue-oue vraag. In plaas van wroeg oor plantkeuses kan jy dit geniet om weer eens kennis te maak met ou plantvriende, maar ook om die jongste plantvrystellings in die tuinmaakwêreld te ontmoet – daar’s altyd iets nuuts om te plant!
Wat kan ek plant? is Anna and Tanya se tweede boek. Hulle eerste boek, Tuinmaak met eiegoed, was binne enkele weke ’n blitsverkoper.
Koop / Buy Wat kan ek plant? >>

0 kommentaar:
Post a Comment