Loading

4/30/2012

Kalkswael

Kalkswael is 'n wateroplosbare swam-, insek- en mytdoderkonsentraat vir bladwisselende bome en word ook gebruik vir die beheer van dopluise op perskes, knoppiesblaarmyt op wingerd en verskillende myte op sitrus.

Wanneer jy kalkswael gebruik moet jy asseblief dit versigtig hanteer en eers die aanwysings lees op die verpakking.

Kalkswael kan plante brand indien dit op koel, bewolkte dae, sowel as baie warm dae, toegedien word.

Sorg dat alle dele van die plant benat word wanneer jy dit toedien.

1 comment :

  1. Anonymous25/9/12 18:14

    Ek het nou krulblaar onder my vrugtebome. Die bome is alreeds vol blare en klein vruggies. Kan ek nou kalkswael spuit? Dankie

    ReplyDelete