6/05/2013

Kiwivrugte

Actinidia chenensis

Jy kan kiwivrugte suksesvol kweek as jou area matige weer het. Die vrugte kan nie kwaai ryp en baie warm somers hanteer nie. Die plante moet ook beskerm word teen wind.

'n Gat vir 'n plantjie moet ongeveer 'n vierkante meter groot wees. Werk 1 kg superfosfaat en baie kompos by die gat in. Maak die plantjies goed nat voor jy hulle plant. Maak ook gereeld nat tydens droë weer.

Jy moet een manlike plant vir elke nege vroulike plante plant om behoorlike bestuiwing te verseker.

Die plant sal 'n stut nodig hê. Plant twee 180 cm pale met 'n 15 cm deursnee 75 cm diep. Die pale moet 'n entjie uitmekaarstaan. Span dik draad tussen die pale, 60 cm uitmekaar.

Voeding begin met 250 g 3:1:5 in die eerste jaar, helfte in die winter en helfte in die somer. Vermeerder jaarliks sodat die plant na 6 jaar 2 kg per jaar kry. Meng 21 g ureum met 4,5 mℓ water en spuit op die plante teen die einde van die somer. Dit sal help dat die plante hul vrugte behou.

Snoei die vrugdraende lote 3 ogies terug in die winter op die vroulike plant. Die manlike plant kan goed teruggesny word nadat dit geblom het.

No comments :

Post a Comment