6/18/2013

Vlam-van-die-Vlakte / Trots-van-De Kaap

Bauhinia galpinii

Die trots-van-De Kaap kom glad nie in die Kaap voor nie, maar groei wydverspreid in die tropiese gebiede in die noorde van Suid-Afrika en KwaZulu-Natal.

Die struik groei vinnig en in alle rigtings. Soms lyk dit soos 'n klein boompie. Dit word tot 3,5 m hoog.

Die massas orgidee-agtige blomme verskyn in die somer tot herfs. Die kleur wissel van pienk tot rooi.

Die plant sal in meeste tuine aanpas, behalwe in uiterste hitte en koue.

No comments :

Post a Comment