7/01/2013

Pynappelkoejawels

Feijoa sellowiana

Daar word ook na hierdie bome verwys as die vrugteslaaiboom. Die vrugte smaak soos 'n mengsel van pynappel, koejawel en grenadella.

Die boom is gehard en groei goed in matige omstandighede. Goeie brokkelrige grond wat ryk is aan humus is ideaal vir die bome. Laat sowat 5 m toe per boom.

Gate vir diĆ© bome moet net soos vir ander vrugtebome voorberei word – plus ekstra kompos. Jy kan hulle enige tyd van die jaarplant. Maak die bome gereeld nat in die somermaande.



No comments :

Post a Comment