7/22/2013

Tuinkalender vir Augustus

Blomme
  • Vul die gate op jou grasperk met kompos.
  • Voed die gras met 'n misstof.
  • Bemes gesnoeide rose.
  • Snoei fuchsias.
  • Voed bolle wat in die winter geblom het.
  • Verwyder ou blomstele en dooie blare van meerjarige plante. Werk kompos rondom die plante in.

Groente
  • Saai die eerste somergroentes.
  • Jy kan nou begin met die saai van tamaties.
  • Komkommers, murpampoentjies en skorsies kan teen die einde van die maand gesaai word.
  • Begin nou die geveg teen slakke. Gooi lokaas rondom jou beddings.

Vrugte
  • Koejawels en vye kry wel voeding hierdie maand en papajas kry bemestingstof.
  • Al die snoei, spuit en deklae vir die komende seisoen moet afgehandel wees na die eerste week in Augustus.
  • Jy kan nou begin om bome en wingerd een maal per week goed nat te maak.


No comments :

Post a Comment