8/12/2013

Boomtamaties

Cyphomandra betacea

Die boom word maksimum 3,5 meter hoog. Dit het groot fluweelagtige blare en dra trosse klein pienk blommetjies. Die eiervormige vrugte is oranje as hulle ryp is en proe na 'n kruis tussen tamaties en grenadellas. Moet egter nie die skil eet of kook nie, dit proe vrank.

Die bome hou nie van ryp en wind nie en vaar die beste in beskutte areas in die tuin. Die grond moet goed dreineer en baie vrugbaar wees. Gee gereeld water, ten minste elke drie weke in die somer.

Plant dit net soos ander vrugtebome.

In die lente moet die boom 250 g 3:1:5 kry en weer in die somer. Ouer bome moet 500 g kry.

Nadat die vrugte geoes is, moet die boom liggies gesnoei word.

Neem kennis dat die bome maksimum 7 jaar oud word.

No comments :

Post a Comment