9/16/2013

Duisendblad (Yarrow)

Achillea millefolium

Duisenblad is 'n meerjarige plant. Dit wil in die son staan in grond wat goed dreineer. Dit kan droogte in 'n mate hanteer.

Die plant word tot 60 cm hoog. Die blare laat jou dink aan 'n varing. Die blommetjies is klein en kom voor in 'n verskeidenheid skakerings.

Spit die plant elke 3 jaar uit en begin weer met 'n nuwe plantjie. Dit keer dat dit 'n te dik deklaag vorm. Dan dra dit gewoonlik minder wortels. Die wortelstelsel koek erg.



(foto Georg Slickers)

No comments :

Post a Comment