9/09/2013

Regte geelhout / Opregte geelhout / Kaapse geelhout / Witgeelhout / Breëblaar-geelhout

Podocarpus latifolius

Die regte geelhout word oraloor Suid-Afrika aangetref en is die land se nasionale boom. Dit is die kenmerkende bome van die Knysnabosse met die lang kaal stamme wat tot 35 meter hoog kan groei. Die hout is geel van kleur met 'n fyn grein.

Die manlike en vroulike bome verskil. Die manlike bome dra klein pienk skubbedekte keëls. Vroulike bome ontwikkel ronde grysblou sade op steeltjies wat verdik en pers raak wanneer dit ryp is.

Die regte geelhout groei maklik van saad. Dit is nie teen droogtebestand nie, maar sal ryp oorleef.



No comments :

Post a Comment