9/23/2013

Vanwykshout / Boomwisteria

Bolusanthus speciosus

Die genus Bolusanthus is vernoem na die bekende Suid-Afrikaanse plantkundige Harry Bolus (1834 – 1911). Bolus was ook 'n suksesvolle sakeman wat al sy besittings en biblioteek aan die Universiteit van Kaapstad bemaak het.

Die Vanwykshout is 'n mooi bladwisselende boom met geboe neerhangende takke, waaraan die trosse pers blomme in die lente hang.

Die boom kom natuurlik voor in die warmer dele van Mpumalanga en word to 12 meter hoog in die natuur. In jou tuin sal jy gelukkig wees as jy 10 meter haal. Sorg dat jy dit in die sonplant en gereeld water gee.

Indien jy dit in die kouer dele van die land wil groei sal jy dit goed moet beskerm teen ryp.



No comments :

Post a Comment