10/21/2013

Gifbol

Boophane disticha

Die plant dra hierdie naam omdat dit giftig is vir beeste. Dit kom oraloor Suid-Afrika voor, behalwe in die Suidwes-Kaap.

Moet nie 'n plant in die veld uithaal nie, hulle groei nie weer maklik nie. Plant die bolle van die plant in grond wat maklik dreineer.

Die gifbol word maklik uitgeken aan die waaiervormige blare. Die blare verskyn sodra die lelieagtige wynrooi blomme afgesterf het in die lente.

No comments :

Post a Comment