10/08/2013

Kokerboom

Aloe dichotoma

Die kokerboom is een van Suid-Afrika se bekende boomaalwyne. Dit kom natuurlik voor langs die Oranjerivier in Namakwaland. As jy noordwaarts ry sal jy hulle tot in Namibië sien. 'n Klein woud van kokerbome in Namibië is een van dié land se nasionale monumente. Hulle groei sovêr suid soos die noordelike punt van die Bokkeveldberge in Suid-Afrika.

Die bome word ongeveer 8 meter hoog met 'n stam wat tot 4 meter in omtrek raak. Die boombas is gelerig en dit skilfer af soos die boom ouer word.

Soos meeste aalwyne blom die kokerboom in die winter. Die blomme is helder geel en sit op 'n stingel wat in 3 vertak.

Die naam van die boom kom van die Khoi en San mense wat die uitgeholde takke van die boom as kokers vir hulle pyle gebruik het.

Jong kokerbome is baie skaars.



(foto Harald Süpfle)

3 comments :

  1. My quiver tree of 2m high and 1.2m wide fel last night, the stem sotted at the bottom, ground level. Possibly the rain this year. Is there a posibility that one can plant some of the branches?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous15/4/15 16:57

      I'll try it. It is a type of aloe, so it might just grow.

      Delete
  2. Watter voorbereiding moet gedoen word vir plant van kokerboom

    ReplyDelete