10/16/2013

Moerastuin

Sommige aronskelke en sekere irisse groei welig in moerasagtige tuine. Ongelukkig is water skaars in meeste van ons tuine. Die oplossing is om jou eie moeras te skep.

Graaf 'n gat groot genoeg vir jou moerasplante. Sny plastiek vullissakke oop en voer die gat daarmee uit. Tap nou genoeg water in hierdie dam van jou om die bodem te bedek.

Volgende is jou grond en komposmengsel. Jy kan nou enige waterliewende plante hierin plant en dit soos die res van jou tuin natmaak. Die plastiek sal keer dat die water te vinnig dreineer en dit sal 'n moeras vorm.



No comments :

Post a Comment