11/11/2013

Bolle

As jy 'n lui tuinier is soos sommige van ons, dan is bolle 'n goeie belegging – natuurlik meerjarige bolle. As hulle eers gevat het in jou tuinblom hulle jaar na jaar, sonder veel moeite van jou kant af.

Spaar jouself moeite en plant altyd meerjarige bolle. Dan hoef jy nie elke jaar bolle uit te haal en nuwes te plant nie. Meerjarige bolle vermeerder ook van jaar tot jaar.

Week die bolle oornag in water voor jy dit plant. Dit gee hulle 'n goeie kans om te oorleef.

Sommige bolle sal maklik verrot, so omring dit met riviersand wanneer jy dit plant, sodat die water maklik kan dreineer. Die bolle moet 2 keer so diep as wat hulle hoog is geplant word. Onthou om nie te vergeet waar jy die bolle geplant het nie.

Nadat jy die bolle geplant het, moet jy dit deeglik natmaak en met 'n laag kompos bedek. Dan maak jy dit nie weer nat voor die boonste 30 cm droog is nie.

Wanneer die bolle se blare doodgaan moet jy dit eers goed laat uitdroog voor jy dit verwyder. Indien die dooi plante jou pla kan jy bolle plant wat verskillende tye van die jaar blom. So versteek jy elke keer die dooie blare. Jy kan selfs die bolle in lae plant. Die dieper bolle sal later blom as die boonstes.

As jy nou gaan bolle koop, onthou om die grootste, vetste en swaarste te kies. Dit is normaalweg die beste kwaliteit bolle.


No comments :

Post a Comment