1/20/2014

Buitekuns

Hardwerkprojekte vir jou buiteleefareas

Idees en tegnieke in op jou eie materiaal en omgewing toe te pas.

Die onweerstaanbare projekte sluit eenvoudige, praktiese voorstelle in om nuttige voorwerpe soos potte, voëlbadjies, tafels en afskermers te verfraai, asook meer dekoratiewe beeldhouwerk en muurskildering. Herwinning speel weer eens ‘n groot rol en as hulle iets kon hergebruik, het hulle: gebreekte potte, plastiekbottels, oortollige sement, stukkende teëls en veel meer.

Hierdie boek sal jou iets bied wat jou belangstelling en vaardighede bymekaar sal bring ongeag of jy beperk is tot ‘n kaal buitemuur, ‘n daktuin wil versier of die voorreg het om op ‘n landgoed met akkers en akkers tuin te woon. Kuns, handwerk en selfdoen-elemente word slim saam ingespan. Of dit ‘n patio, houtbanke, stoep, grensmuur, skadukol onder ‘n groot boom of vervelige trappe is – jy sal al die inligting wat jy nodig het om dit te verfraai en weer interessant te laat lyk hier kry.

Koop / Buy Buitekuns >>

Buitekuns / deur Angie Franke & Monique Day-Wilde -- Metz Press, 2 Januarie 2013. -- 144 p. ; sagteband. -- ISBN 9781920479572 : R 175.00



No comments :

Post a Comment