2/03/2014

Stompie / Fonteinbossie

Bruniaceae nodiflora

Inheemse, immergroen struike in die Suidwes-Kaap, veral in die Bolandse berge. Die struik word tot 1 meter hoog.

Die donsagtige bruin-pienk blomme is geurig en maak hulle verskyning na die eerste reën. Daarna vorm daar vinnig nuwe knoppe, maar dié blom eers die volgende winter. Die blommetjies bly vir meer as 'n jaar aan die plant.

No comments :

Post a Comment