3/19/2014

Stinkhout / Swartstinkhout

Ocotea bullata

’n Immergroen Suid-Afrikaanse gunsteling wat tot 25 meter hoog word. Dit kom oraloor Suid-Afrika voor, maar is skaars in die Oos-Kaap. Dit aard die beste in die Knysna-bosse. Jong bome se bas is glad en grys, maar dit word grof en donkerbruin met ouderdom.

Die boom dra klein blommetjies aan die punte van die sytakke. Die vrug is ’n eiervormige bessie, toegevou in ’n klein kelkie. Die bullata in die wetenskaplike naam verwys na klein blasies in die oksels van die onderste are van die blare. Die Ocotea verwys na dié bome se onaangename reuk.

In woude het die boom normaalweg ’n reguit stam, maar in oop areas raak die bome struikagtig.

(foto: Abu Shawka)

No comments :

Post a Comment