4/29/2014

Wildesalie / Saliehout

Buddleja salviifolia

Wildesalie kan as ’n struik of ’n klein boom geplant word. Dit word sowat 5 meter hoog. Die plant is bladwisselend met groot trosse geurige blomme. Sommige mense noem dit die skoenlapperbos, omdat die blomme baie skoenlappers lok. Dit begin blom hier teen die einde van die winter en in die lente.

Wildesalie verkies grond wat maklik dreineer en volle son. Dit kan aan die einde van die winter gesnoei word.

(foto A Barra)


No comments :

Post a Comment