6/10/2014

Katsterte

Bulbine frutescens

Die katstert is ’n inheemse blom wat omtrent enige plek groei. Die geel blommetjies word aan are gedra wat tot 600 mm lank is. Die blommetjies self word tot 100 mm lank. Dit blom van die lente tot herfs.

Katsterte sal vanself versprei in jou tuin. Indien jy dit wil aanplant kan jy slegs ’n steggie afbreek by ’n bestaande plant.

Hulle is inheems aan die Suidwes-Kaap en is ook droogtebestand.

Let wel dat daar 'n verskeidenheid plante is wat hierdie naam dra. Bulbine frutescens het nie 'n alternatiewe naam nie.



(foto Stan Shebs)

No comments :

Post a Comment