6/17/2014

Kersboom / nNumanyama

Cassia abbreviata

Hierdie boom kom natuurlik voor in die noorde van Suid-Afrika. Dit groei in digte en oop bosveld. Die boom word gewoonlik nie veel hoƫr as 6 meter nie.

Die blare en blomme word meesal aan die punte van die takke gedra. Die geurige blomme wissel van donker-roomkleur tot heldergeel.

Die sade is in lang buisvormige peule van meer as 60 cm. Die peule kan tot ’n jaar lank aan die boom bly hang.



1 comment :

  1. 'n Pragtige boom! Ek het een hier by my geplant in Tarlton (Gauteng) maar ons vreeslike rype het korte mette van hom gemaak. Dankie vir die interessante inligting!

    ReplyDelete