8/18/2014

Grootnoem-noem / Natalpruim / Amatungulu

Carissa macrocarpa

Indien jy soek na ’n struik wat kan help met die sekuriteit van jou eiendom, dan is die natalpruim ’n geskikte kandidaat. Dié doringstruik met blinkgroen blare word tot 3 meter hoog en sy reuse- dorings maak dit moeilik om deur die struik te kruip. Boonop dra die struik mooi wit blomme, gevolg deur rooi vrugte van die lente tot die herfs. Die vrugte is eetbaar.

Dit is nogal ’n geharde knaap hierdie. Die plant is immergroen en groei goed in halfskadu en in tuine naby die kus. In die Kaap moet jy die struik liefs in volle son plant.



No comments :

Post a Comment