11/10/2014

Skoenlapperboom / Keurboom

Virgilia oroboides

Die skoelapperboom se blomme lyk soos die van pronkertjies, wat herinner aan skoenlappers. Dit is ’n baie mooi boom, vandaar due ander naam – keurboom. Die Virgilia is ter ere van die Latynse digter Virgilius.

Die skoenlapperboom word net so 8 tot 15 meter hoog. Neem kennis dat die boom wydstrekkende wortels het. Maak dus seker daar is spasie om te groei. Dit is taamlik bestand teen droogte en ryp.

Die boom se bas is aanvanklik liggrys en glad, maar word later swart en grof. Die ligpers blomme word gedra van die begin van die lente tot in die somer. Die sade word in peule gedra. Jy kan die sade ontkiem deur die peule eers in kookwater te dompel.

Dit kom natuurlik vooraan die Kaapse kus, van Kaapstad tot by Port-Elizabeth in die Oos-Kaap. Dit is veral volop in die omgewings van George en Knysna.


(foto: Tatiana Gerus)

No comments :

Post a Comment