11/04/2014

Suurvy / Perdevy

Carpobrotus edulis

Suurvye is grondbedekkers wat natuurlik aan die Suidwes-Kaapse kus voorkom. Die vye wat die plant dra is eetbaar en is gewild as konfyt. Dit word vye genoem, omdat dit lyk soos gedroogde vye.

Die plant se blomme verskyn in die lente en is aanvanklik geel van kleur, maar raak later pienk.

Dit is ’n lekker taai plant wat min water nodig het en vinnig versprei.



No comments :

Post a Comment