1/05/2015

Vanwykshout / Olifanthout / umHohlo

Bolusanthus speciosus

Die Vanwykshout word aangetref van KwaZulu-Natal tot in die Bosveld. Dié boom is gewoonlik so 3 tot 6 meter hoog, maar kan tot 12 meter raak.

Dit het ’n taamlik regop maar verdeelde bruin tot swart stam met diep gegroefde bas. Die blare is blink en liggroen en die boom is bladwisselend. Die boom het persblou blomme wat lyk soos pronkertjies. Die blomme word gedra in hangende trosse.

Die Vanwykshout is ’n uitstekende tuinboom as dit in goed gedreineerde grond in volle son geplant word. Dit is bestand teen termiete en droogte.



No comments :

Post a Comment