2/03/2015

Kanniedood / Muvale

Erythrina lysistemon

Die Kanniedood vind jy aan die Suid-Afrikaanse ooskus en verder noord in KwaZulu-Natal tot by Zimbabwe.

Dit is ’n bonkige bladwisselende boom wat tot 12 meter hoog word. Dit begin naby die grond vertak en eindig in ’n geronde kruin. Die bas se kleur wissel van grys tot bruin en het ’n doring hier en daar. Die dorings kom ook op die takke voor. Dit dra die mooiste rooi peule en blomme.

Die boom groei maklik van saad, steggies of selfs stokke en pas maklik aan in verskillende omstandighede, maar is gevoelig vir koue.



No comments :

Post a Comment