5/05/2015

Die Du Toit-groep

Tussen die ruwe Cederberge is ‘n plato wat bekend staan as die Koue Bokkeveld. Hier is die winters koud en die somers warm en droog. Dit is waar Gysbertus du Toit sowat 110 jaar gelede begin boer het. Vandag staan die boerdery as die Du Toit Groep bekend. Hulle is veral bekend vir appels, maar verbou ook pruimedante, nektarine en groente. Hul boerderybelange strek tot in die Langkloof en verder in die Wes-Kaap.

Leer meer oor hoe hulle dinge doen op Megaboere op kykNET op Dinsdag 2 Junie om 20h00.

No comments :

Post a Comment