6/30/2015

Laeveldkastaiing / umBhaba

Sterculia murex

Die laeveldkastaiing is ’n bladwisselende boom met taamlike dik, wydstrekkende takke, ’n donker, ronde kruin en gegroefde bas. Die boom word 8 tot 12 meter hoog.

Die laeveldkastaiing word in Limpopo, Mpumalanga en Swaziland aangetref op droë, rotsagtige plekke.

Die blomme verskyn laat winter en vroeë lente. Dit is geelgroen kelke met baksteenrooi merke. ’n Vyflobbige vrug ontwikkel uit die blom. Die lobbe verdeel en vergroot en vorm vyf peule. Wanneer die peule oopbreek is daar swart eetbare sade sigbaar.

Plant dit in ’n warm tuin wat baie min ryp kry.



No comments :

Post a Comment