6/23/2015

Wildevingerhoedjie (Wild foxglove)

Ceratotheca triloba

’n Groot kruidagtige plant wat tot 2 meter hoog word. Dit kom voor in die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en die noordelike dele van Suid-Afrika.

Die plant het aromatiese blare en vingerhoedagtige blomme wat pers gestreep is. Die blomme word in die somer gedra.

Die plant groei maklik van saad en sal goed groei in enige streek wat somerreën kry.



1 comment :