8/18/2015

Piempiempie / Suurknol / Rooi-Afrikaner

Chasmanthe floribunda

Die piempiempie is ’n knolplant inheems aan die Suidwes-Kaap. Dit het heldergroen, swaardvormige blare met oranjerooi blomme wat in die laatwinter en lente verskyn. Die plant word tot 1,5 meter hoog.

Die duckittii-variasie kom in dieselfde streek voor, maar het liggeel blomme.

Hulle groei maklik van knolle en die knolle vermeerder vinnig. Plant die knolle in die herfs.



1 comment :

  1. Nice pictues you have here. The nature is greate

    ReplyDelete