11/23/2015

Kameeldoringboom / Kameelboom

Acacia erioloba

Die boom kry sy naam glo van ’n tyd wat kameelperde glo ’n groot voorliefde vir die boom se blare en peule getoon het. Dit is ook gewild onder talle boksoorte. Dit is natuurlik landwyd bekend in Suid-Afrika as ’n goeie braaivleishout.

Die kameeldoringboom is immergroen en redelik bestand teen ryp. Dit blom gewoonlik vroeg in Augustus. Dit dra die ou geel blommetjies wat ons normaalweg met doringbome assosieer.



(foto Harald Süpfle)

1 comment :