2/02/2016

Boslelie

Clivia miniata

Clivias word streng beskerm. Dit is ’n klein genus inheemse plante met vlesige wortels.

Die immergroen blare is donkergroen en bandvormig. Die oranje blomme verskyn in die lente. Die blomme se steel word tot 750 mm hoog. Dit word gevolg deur rooi bessies.

Clivias hou van skadu en sal ook onder bome groei. Hulle is ook goeie potplante. Let egter daarop dat hulle nie daarvan hou om versteur te word nie.

No comments :

Post a Comment