7/21/2016

Vleilelie

Crinum campanulatum

In die natuur groei die vleilelie in vlak water wat in die winter opdroog. So as jy ’n plant soek vir jou watertuin of dammetjie is dit die regte een.

Die blomme is pienk of wit en het dikwels rooi strepe. Dit word gedra aan bloeistele wat tot 450 mm lank is. Die plant blom in die lente.

Vleilelies kom natuurlik voor in die Oos-Kaap.

No comments :

Post a Comment