11/14/2016

Laat die water vloei

Wanneer jy in ’n pot of ander houer plant moet jy altyd ’n geronde materiaal, byvoorbeeld ’n klip, met die hol kant na onder oor die gat plaas. Gooi ’n paar sentimeter skoon riviersand oor die materiaal en daarna vul jy dit op met potgrond. Dit sorg dat die water vrylik dreineer sonder om die grond uit te spoel. Die riviersand voorkom ook dat die wortels aan die pot vassit, wanneer jy dit eendag wil uithaal.

Gebreekte potte kom altyd handig te pas vir die doel.

Polistireen ook ook gebruik word. Dit bespaar boonop op potgrond.



No comments :

Post a Comment