1/19/2017

Ifafalelie

Cyrtanthus mackenii var. mackenii

Die ifafalelie is deel van ’n genus inheemse bolplante wat algemeen bekend staan as vuurlelies. Hulle het laasgenoemde naam gekry omdat sekeres blom na veldbrande.

Die ifafalelie het ivoorkleurige blomme wat baie lekker ruik, maar die genus se blomkleure wissel van skakerings van rooi, oranje, geel en ivoor. Die kleinrooipypie (Cyrtanthus parviflorus) se blomme is rooi, maar geurloos.

Die ifafalelie se bloeistele is sowat 300 mm lank, maar ander soorte se bloeistele word tot 600 mm lank.

Die ifafalelie kom vooraan die suidkus van KwaZulu-Natal. Vuurlelies is inheems aan KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap.

No comments :

Post a Comment