3/30/2017

Maagwortel / Jakkalsbos

Dicoma zeyheri

Interessant dat hierdie genus kruidagtige meerjariges omtrent oral in Suid-Afrika voorkom, behalwe in die Suidwes-Kaap. Daar is 25 soorte wat verspreid oor die land voorkom.

Die jakkalsbos is ’n klein weergawe van die genus en word net so 300 mm hoog. Jy sal die plant vind in die noordelike deel van Suid-Afrika en KwaZulu-Natal.

Die distelagtige blomkoppe verskyn in die somer. Die blom se silwerkleurige, stekerige blare wat dit gesog maak onder blommerangskikkers.

No comments :

Post a Comment