10/22/2017

Botanicum

Botanicum is ’n pragtige volkleur boek wat ’n hele klomp raaisels om plante onthul.

Hoe het die eerste plante gelyk? Wanneer het die eerste woude gevorm? Wanneer het plante begin blomme dra? Watter plante is die grootste, kleinste, vreemdste, seldsaamste, lelikste en stinkste op aarde?

In Botanicum kan jy die mees eksotiese en veemdste plante bymekaar sien. Leer hoe plante al miljoene jare langer as ons bestaan en fassinerede dinge soos hoekom party plante groen is en ander nie en hoe party plante in water leef en ander in die lug hang sonder enige kontak met die grond.

Kom ontdek binne Botanicum die wonderlike planteryk in sy kleurryke, verrassende glorie.

Botanicum / Kathy Willis -- Protea Boekhuis, 4 Oktober 2017. -- 112 p. ; hardeband. -- ISBN 9781485307945.

No comments :

Post a Comment