10/26/2017

Poublom / Uintjie

Dietes bicolor

Die poublom is ’n inheemse, irisagtige plant wat uit ondergrondse wortelstokke groei. Dit is ’n taai plant wat goed bestand is teen droogte en dit groei in beide halfskadu of direkte sonlig.

Die poublom word tot 750 mm hoog. Die gelerige blommetjies verskyn in die lente. Dié blommetjies hou net ’n dag lank.

No comments :

Post a Comment