11/16/2017

Rooiwortel

Dilatris pillansii

Rooiwortel is ’n meerjarige plant met wortelstokke. Dit het sterk blare wat glad en langwerpig is. Die blommetjies verskyn in trosse in die lente. Die plant word omtrent 1 meter hoog.

Hulle hou van grond wat maklik dreineer. Los hulle maar waar hulle staan, want hulle hou nie daarvan om versteur te word nie. Rooiwortel kom natuurlik voor in die Suidwes-Kaap.

No comments :

Post a Comment